File talk:André Brink Portrait.jpg

Page contents not supported in other languages.
From Wikipedia, the free encyclopedia

Beste professor Brink

Ek het jare al 'n bewondering vir u kreatiewe werk sowel as vir u vakkundige werk. Dit is veral u 'Aspekte van die Nuwe Drama' wat 'n blywende indruk op my gemaak het.

Tans onderneem ek 'n doktorale studie in Linguistiek aan Unisa oor die kognisiewerkwoord. Hierdie studie geskied sélf ook binne die raamwerk van die kognitiewe linguistiek, soos veral uitgewerk deur George Lakoff van Berkley in die V.S.A. Hy verwys baie dikwels na die visuele denkmetafoor wat binne die breër konteks van 'n 'mentale teater' verstaan moet word.

Ek vra u vriendelik om 'n bietjie inligting aan my te gee oor wanneer die 'verhooggebeure' as iets in die 'mind' van 'n sentrale ervarende karakter ontstaan het. Ek het tentatief aan 'Ses Karakters op Soek na 'n Skrywer' of 'Death of a Salesman' gedink. Selfs ook 'Christine' of 'Equus'.

Ek belowe plegtig om alle inligting / wenke wat u (dalk?) aan my sou verskaf in die Bibliografie van die artikel wat (hopelik!) in Litnet Akademies sal verskyn te plaas. My proefskrif is eintlik reeds in die spreekwoordelike 'pyplyn'.

Met respek en goeie wense

Adriaan Roux (Windhoek)